Koninkrykslesings
- Koninkrykvisie in die Ou Testament - Prof JAE Adendorff
- Koninkrykvisie in die Nuwe Testament - Ds Cobus Rossouw
- Koninkryk & Kerk - Dr Adi Schlebusch
- Die Koninkryk & die kerk se belydenis – Ds S le Cornu
- Die Koninkryk & die gesin – Dr C Jooste (sal 15 Julie uitgesaai word)
- Die Koninkryk & die staat – Prof AWG Raath (sal 26 Augustus uitgesaai word)
- Die Koninkryk & Onderwys – Pieter Bisschoff (sal 30 September uitgesaai word)
https://www.youtube.com/@pactuminstitute5927/streams https://www.youtube.com/@bybelseapologetiek2444/streams
Koos Adendorff is dekaan teologie by die Afrikaanse Protestantse
Akademie. Hy is getroud met Elmarie en hulle het vier kinders. BA, BD,
NagrDiplTeol, MTh, DTh (Diakoniologie, UOVS) |
|
Cobus Rossouw is predikant van die Gereformeerde Kerke Hendrina en
Carolina. Hy is getroud met Marietjie en hulle het agt kinders BTh, BTh (Hons), MDiv (PU vir CHO) |
|
Adi Schlebusch is die direkteur van die Pactum Instituut wat
Bybelgetroue boeke en akademiese artikels publiseer. Hy is betrokke by die AP
Akademie en BCVO. Hy is getroud met Lize en hulle het drie kinders. |
|
Slabbert Le Cornu is
predikant van die Gereformeerde Kerk Carletonville en redakteur van Proregno.
Hy was betrokke by die vertaling van die Statevertaling Kantaantekeninge. Hy
is getroud met Dorothea en hulle het nege kinders. HOD (UNISA), BTh
(PU vir CHO), MDiv (NWU), |
|
Christiaan Jooste is predikant van Gereformeerde Kerk Waterberg. Hy
is die outeur van Die Dordtse Leerreels, 'n preekbundel oor hierdie besondere
belydenisskrif. Hy is getroud met Irma en hulle het vyf kinders. PhD (Ou
Testament) NWU, MTh (Kerkgeskiedenis), MDiv, BTh, (PU vir CHO). |
|
Andries Raath was
professor by die fakulteit regte aan die Universiteit van die Vrystaat tot
met sy aftrede in 2012. Hy het meer as 150 bydraes in joernale gepubliseer.
Sy spesialisveld is regsgeskiedenis, regsfilosofie en die geskiedenis van
pioniersgemeenskappe. DFil
(UOVS), MA, LLB (PU vir CHO), BJuris |
|
Pieter Bisschoff is tans hoof van bemarking by Orania Ontwikkeling
Maatskappy. Hy was voorheen Gereformeerde Skool Dirk Postma se skoolhoof,
asook die hoof van Bo-Karoo Opleiding en AROS. Hy het ook gedien as die
bestuurhoof : onderwys van Mukhanyo Theological College. BA, BA (Hons), HOD |
Opmerkings
Plaas 'n opmerking